Spreuke 15:1
'n Sagte antwoord laat woede bedaar; 'n krenkende woord laat woede ontvlam.
VRAE:
- Ons woorde het die vermoë lewe of dood te spreek. Ons woorde kan gesond maak of seermaak. Wanneer ons met ons families en binne ons huishoudings werk, vra dit veral vir ons om geduld, selfbeheersing en sagmoedigheid te kies. Baie kere in tye van konflik en twis, is dit nie soveel die inhoud van wat ons sê nie, maar die manier waarop ons dit sê. Indien jy ook weet dat die inhoud van wat jy gaan sê bedoel is om te sny en af te breek, moet jy ook kies om dit eerder nie te sê nie. Soms het ons waarheid nodig wat ons seermaak, maar dit is nie bedoel om af te breek en ons te sny nie. Dit is bedoel om ons te help en op te lig. Vra vir die Here vir wysheid wanneer jy moeilike waarhede moet deel.
- Hoe kan julle as familie of huishouding kies om met sagmoedigheid te reageer in oomblikke van konflik? Waaroor kan julle saamstem? Watter waarder en reëls kan julle in plek stel om dit te doen?
- Watter tipe impak wil jy hê moet jou woorde en gemoed in die huishouding hê? Hoe gaan jy dit bewerkstellig? Hoe kan jy vra vir hulp wanneer jy dit nie regkry nie? Hoe gaan jy vra vir vergifnis en rekonsiliasie indien jy nie met sagmoedigheid opgetree het nie?
- Hoe kan jy Jesus se liefde, nederigheid, genade en empatie met ander om jou deel wanneer julle van opinies verskil of konflik beleef? Dink veral in die werksplek, skoolbanke, winkelsentrums of Geloofsfamilie.
GEBED:
Here, lei my woorde en maak my hart dag vir ander, veral wanneer ek kwaad is en hardkoppig is. Here, help my om sagmoedigheid en liefde te reageer in die hitte van ‘n argument. Here, mag my woorde genesing bring en verhoudings herstel.
Amen