1 Petrus 4:8 (Die Boodskap)
8 Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar liefhet asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie.
Opregte, konsekwente liefde…
Dit is dié prioriteit vir die gelowiges vir wie Petrus skryf. Kyk weer na vers 8, “daar is niks so belangrik nie”. Petrus het dit al genoem. Ander gedeeltes in die NT beklemtoon hierdie prioriteit ook (1 Kor 13, Matt 22:34-40, Joh 13:34-35).
Saam met gefokusde gebed, is hierdie die tweede belangrike, baie basiese ding waarmee gelowiges moet besig wees in die eindtyd.
Ons moet ook waak daarteen om moeg te word vir die liefde. Ons moet mekaar aanmoedig om aan te hou liefhê, self al word liefde nie altyd wederkerig bewys nie. Ongeag van ons huidige omstandighede, moet hierdie liefde vuurwarm brand, en nie koud raak nie.
Om oor te dink
As ek vir een van jou naaste mense sou vra of naasteliefde vir jou ’n prioriteit is, wat sou hulle antwoord?
“This passage is a warning against loving others with fits and starts. It is a plea for steady affection, persisting through the irritations of life.” James Moffat