Dinsdag 24 Januarie 2023

Johannes 10:7-9
Toe het Jesus verder gesê: “Dít verseker Ek julle: Ek is die ingang vir die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry.

Om oor te gesels en te dink
Die beeld van skape en herder is baie bekend in die Bybel. Dink aan Psalm 23 wat sê dat die Here ons herder is en dat Hy ons na groen weivelde lei. Hy is die Een wat sorg. Net so kom Johannes en sê dat Jesus die Goeie Herder is, maar meer nog, soos ‘n ingang wat ons toegang tot Hom en God gee.
Om by die ingang in te gaan moet ons na Sy stem luister. Hy roep ons elkeen op die naam en Hy ken ons. Skape is afhanklik van die herder en so kan ons ook van Jesus afhanklik wees. Solank ons naby die Herder is, is ons veilig.

Gebed
Here, dankie dat U vir my sorg soos ‘n goeie herder. Dankie dat ek vrye toegang tot U het. Mag ek vandag U stem hoor en daarna luister. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika