Dinsdag 24 Oktober 2023

Prediker 8:15-17
Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee. So het ek my daarop toegelê om agter te kom wat wysheid is en om te begryp waarmee mense hulle op die aarde besig hou sonder dat hulle dag of nag tot rus kom. Toe het ek al die werk van God begryp; die mens is nie in staat om wat in hierdie wêreld gebeur, te verstaan nie. Hoe hy hom ook al inspan en soek, hy verstaan nie. Al sê die wyse hy weet, kan hy nie verstaan nie.

Om oor te gesels en te dink
Prediker beveel aan dat ons op vreugde moet fokus. Dit is ’n keuse wat ons maak. Daar is baie dinge waarvoor ons dankbaar kan wees. Ons het kos om te eet, klere om aan te trek en ’n huis om in te slaap. Ons neem dit as vanselfsprekend aan en mis die gawe en vreugde daarvan.
Daar is dinge wat ons nie kan verstaan nie. Ons moet ons nie onnodig met dit besig hou wat ons nie kan verstaan nie. Ons kan dit aan God oorgee en Hom daarmee vertrou.
Kom ons kies om vandag vrolik te wees en dit wat die Here vir ons gee te geniet. Ons vind vreugde in die eenvoud van die lewe.

Gebed
Here, dankie vir alles wat ek van U ontvang. Ek wil vandag vreugde kies en vrolik geniet wat U my gee. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika