Dinsdag 25 Julie 2023

Jona 1:5-6
Die matrose het bang geword, en elkeen het tot sy god om hulp geroep. Hulle het die vrag van die skip in die see gegooi om die skip ligter te maak. Maar Jona was onder in die skip waarheen hy afgegaan het om te gaan slaap. Hy het vas geslaap en die kaptein het na hom toe gegaan en vir hom gesê: “Wat is dit met jou dat jy lê en slaap? Staan op en bid tot jou god. Miskien sal hy aan ons dink en dan sal ons nie vergaan nie.””

Om oor te gesels en te dink
Jona het probeer wegvlug van die Here af en dit vir niemand gesê nie. Tog het sy ongehoorsaamheid ’n effek gehad op die mense om hom. Die matrose was bang toe die storm uitbreek en het vermoed dat hy die rede daarvoor kan wees. Daarom maak hulle hom wakker en sê dat hy tot sy god moet bid. Hulle het toe nog nie besef wat aan die gebeur is nie.
Jona het tot God gebid en erken dat hy van God af vlug. Nadat die Jona oorboord gegooi is en die storm bedaar het, het die matrose ook vir God offers gebring.
Wat ons doen, goed of sleg, het ’n impak op die mense rondom ons. Hulle gaan of God in ons raak sien of hulle gaan niks met God te doen wil hê nie. Ons het ’n verantwoordelikheid hoe ons lewe. Ons is soms die enigste kontak wat mense met God het.

Gebed
Here God, al doen ek nie altyd wat U vra nie, help my om ’n getuie vir U vir die mense rondom my te wees. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika