Dinsdag, 25 Mei

God is Herder

Psalm 23
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. 2 Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. 3 Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. 4 Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. 5 U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 6 U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Om oor te gesels of te dink:

  • Hierdie Psalm is een van die mees bekende Psalms. Watter herinneringe bring dit vir jou? Watter betekenis het hierdie Psalm vir jou?
  • Die Psalm gebruik twee beelde. Dié van die Herder en dié van ‘n feesmaal. Hoe verskil die twee beelde en hoe kom die twee beelde ooreen? As jy die hooftema aangaande God in die Psalm moet saam vat in een sin, wat sou dit wees?
  • As jy dink oor God as herder, waarvoor is jy alles dankbaar? Maak ‘n lys daarvan.

Gebed:
My liefdevolle, liefdevolle, Herder.
Dankie dat U die herder van my hart is. Dankie dat U so mooi na my omsien , my lei my beskerm en vir my voorsien. Vader ek het vandag van U __(deel met die Here jou hart) nodig. Here ek vra dat U in my hart werk. Dankie dat U in my lewe is en my totaal en al transformeer. Dankie dat U my herder is. U is goed.
Amen

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram