Romeine 12:17
Moet niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is.
VRAE:
- Paulus vra dat ons mense wat kwaad doen en ons te na wil kom, nie met kwaad terug betaal nie, maar eerder vir hulle met liefde antwoord. Hierdie eenvoudige optredes van liefde, sal die getuienis wees van Jesus se radikale leringe.
- Dit is so maklik om kwaad met kwaad te betaal. Selfs die wêreld en vyand doen dit. Maar om soos Jesus met liefde, deernis en genade te antwoord, is die werk en leiding van die Here. Dit is getuienis van hoe God ons verander en transformeer.
- Wat is die moeilikste deel, om met liefde op kwaadwilligheid te antwoord? Dink veral aan tye wanneer jy seergemaak is of voel ‘n situasie was onregverdig?
- Hoe beïnvloed die manier waarop ons situasies reageer ons getuienis van ons geloof? Hoe is jou opinie van ‘n persoon al gevorm of beïnvloed in die manier waarop hulle reageer teenoor situasies of jou?
GEBED:
Here, gee vir ons die krag en geduld om in situasies die kwaad met liefde te antwoord. Here, help ons asseblief om U voorbeeld aan die kruis te gebruik vir inspirasie oor hoe ons ook aan onsself kan sterf. Here, mag ons sagmoedigheid en nederigheid ander inspireer om in verhouding met U te kom. Dankie Here, dat U daagliks met ons werk.
Amen