Efesiërs 2:10
Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.
Om oor te gesels:
Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=b3xsn6db2iI
Gebed:
Heer van my lewe,
Ek wil hê wat U wil hê, Here.
Ek vra vir U leiding in totale vertroue en geloof dat U my help.
Here, ek weet niks waarvoor U my roep, is te veel vir my nie.
Here, ek vra dat U die bekommernisse en vrese sal stilmaak.
Here, help my spasie te maak in my lewe, sodat U my helper is in al my werk en omstandighede. Help my om alles aan te pak tot eer van U naam.
here, help my om elke aksie en gedagte te meet aan U wil.
Here, help my dat ek nie vinnige oplossings en versoeking neem nie.
Here, ek het vertroue daarin dat as ek U wil soek, dat die uitkoms reeds in U hande is.
Daarom Here, vra ek dat ek my lewe lei, met die wete dat ek U wil in alles soek.
Amen