Galasiërs 6:9
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
Om oor te gesels:
Lof en Aanbidding
https://www.youtube.com/watch?v=VXAneNye_58
Gebed:
Heer van my lewe,
Ek is geseën wanneer ek aan die einde van my eie vermoë is.
Met minder van myself is daar meer spasie vir God en U leiding.
Ek is geseën wanneer ek voel ek het verloor dit wat die kosbaarste vir my is.
Slegs dan kan ek die een omhels wat werklik die kosbaarste is in my lewe.
Ek is geseën wanneer ek tevrede is met net wie ek is, nie meer nie en nie minder nie.
Dit is die oomblik wat ek myself vind as die eienaar van alles wat nie gekoop kan word nie.
Ek is geseën wanneer ek ‘n goeie eetlus vir die Here opgebou het.
My brood en water is die beste ete wat ek ooit sal hê.
Ek is geseën wanneer ek omgee.
In die oomblik wanneer ek myself vind as een wat omgee, ontdek ek ook is word vir omgegee.
Ek is geseën wanneer my binne wêreld (my gedagtes en hart) herstel word.
Dan kan ek God in die buite wêreld raaksien.
Ek is geseën wanneer ek ander wys hoe om saam te werk, eerder as te kompeteer of baklei.
Dit is die oomblik wanneer ek besef wie ek werklik is en my waar my plek in God se familie is.
Ek is geseën wanneer my verbintenis aan God vir my teenkanting uitlok.
Die teenkanting jaag my self verder in God se arms in.
Amen