Dinsdag 30 Augustus 2022

Jeremia 1:6-7
“Ag, Here my God,” het ek geantwoord,
“ek kan nie goed praat nie, ek is nog te jonk.”
Toe sê die Here vir my:
Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie.
Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur,
en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê."

Om oor te gesels en dink
Jeremia dink hy is te jonk om as profeet op te tree. Hy gee eintlik ook 'n verskoning en sê dat hy nie goed kan praat nie. Op 'n manier dink hy dalk dat daar mense is wat meer geskik is as hy. God roep elkeen van ons en bemagtig ons, soos God ook in die vers vir Jeremia sê: 'alles wat ek jou beveel om te sê, moet jy sê'.

Neem 'n oomblik van stilte
God bemagtig nie net vir Jeremia nie, God los hom nie alleen nie. Wanneer God ons stuur, gaan ons nooit alleen. God is met ons. Hoe kan hierdie wete jou vandag help om meer jou roeping uit te leef?

Gebed
Here, dankie dat U my nooit alleen stuur nie. Vandag wil ek hoor wat U van my vrae om te doen in my omgewing. Heilige Gees, help my ook om die waagmoed te hê, soos Jeremia, om dit te doen. Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika