Dinsdag 31 Augustus

Filippense 4:8
8Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.

Om oor te dink:
Watter onderwerpe neem tans jou gedagtes oor? Neem 'n oomblik om opnuut vanoggend bewus te word van wat in jou hart en gedagtes lewe. Wees sag met jouself. Jy mag dit voel. In dié teks ontken Paulus nie dat daar dinge sal wees wat moeilik gaan en ons gedagtes kan oorheers nie. Maar hy stel voor, eintlik benadruk hy, dat ons, ons gedagtes moet fokus op dit wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is.

Gebed
Probeer vandag om 5 of 7 minute in stilte te sit. Om in God se teenwoordigheid te sit en wees is deel van gebed. Kies een van hierdie woorde/dinge wat Paulus noem om jou gedagtes vir hierdie paar minute te fokus.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika