Dinsdag 5 April 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis
Teksvers:
Hy het vir Petrus en die twee seuns van Sebedeus saamgeneem. Toe het Hy bedroef en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak saam met My.” (Matt. 26:37-38)

Identifiseer:
Die menslikheid van Jesus word so mooi hier uitgewys. Hy is hartseer (bedroef) en beangs. Hy is bang. Hy verwoord hierdie emosie as Hy sê dat Hy doodsbenoud voel. Jesus neem van Sy naby vriende saam om die pad saam met Hom te stap.

Oriënteer:

  • Voel jy ook soms so oorweldig met dit wat moet gebeur of wat jy moet doen?
  • Het jy die vrymoedigheid om te sê hoe jy voel?
  • Is daar mense wat jy vertrou met wie jy jou angs kan deel om die pad vir jou makliker te maak?
  • Wat sou jy vra dat hulle jou mee help?

Bely:
Ons sukkel om te erken dat ons hulp nodig het en hier sien ons dat selfs Jesus sy emosies gedeel het en hulp gevra het.
Ons moet ook leer om hulp te vra en toe te laat dat mense wat ons vertrou saam met ons die pad stap.
Kontak vandag een van jou vriende en deel wat jy tans ervaar.

Bid:
Here, ek voel ook soms oorweldig. Ek leer by U om dit te sê en oor te gee. Dankie vir mense wat saam my stap. Help my om hulp te vra. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika