Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.
Om oor te gesels en te dink
Wanneer ons soos Jesus dink, moet ons tweedens dink aan alles wat eerbaar is en wat respek verdien. Ons moet mense om ons met respek hanteer. Ons kan nie dink dat ons net mense met respek sal hanteer as hulle ons respekteer nie. Nee, Jesus wys vir ons deur Sy voorbeeld dat Hy selfs sy vyande en mense wat dit nie verdien het nie, met respek hanteer het. Ons moet fokus op hoe ons mense kan help en selfs die ekstra myl saam met hulle stap.
Dalk is jy in ’n moeilike situasie? Gee dit vir die Here en vra Hom om jou te help om op die regte dinge te fokus.
Gebed
Here Jesus, ek wil dink soos U dink. Ek wil leef soos U leef. Help my om te dink oor alles wat eerbaar is en wat respek verdien. Amen.