Stilstaan oomblikke – Op pad na die kruis
Teksvers:
“Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”” (Luk 10:41-42)
Identifiseer:
Jesus het ‘n nou pad met Marta en Maria gestap. Tog vind Jesus dit nodig om vir Marta te sê dat sy nie so besig moet wees met die dinge van die Here, dat sy die Here mis nie. Marta vergelyk haar ook met Maria en Jesus sê dat dit nie nodig is nie.
Oriënteer:
Ons vergelyk onsself ook soos Marta met ander en wonder hoekom ons alles moet doen. Ons is so besig dat ons die Here in ons die Here nie raak sien nie. Ons staan nie stil om te reflekteer nie. Ons is besorg en bekommerd oor baie dinge.
Bely:
Ons kom bely dat ons so gefokus is op ons eie dinge, selfs goeie dinge wat ons doen, dat ons nie tyd saam met die Here spandeer nie. Dit is nodig dat ons die beste deel kies om saam met Jesus te wees.
Bid:
Here, ek wil vandag saam met U tyd spandeer. In my besig wees, wil ek U raak sien. Laat ek nie onnodig bekommerd wees nie. Amen.