Donderdag 10 Augustus
Filippense 4:8
“Laastens, liewe gelowiges:
alles wat waar is,
alles wat eerbaar is en wat respek verdien,
alles wat reg is voor God,
alles wat rein en opreg is,
alles wat vol skoonheid is en wat ons met verwondering vul,
alles wat lof en erkenning verdien,
ja, enigiets wat uitnemend is op morele vlak,
en enigiets wat prysenswaardig is – dink asseblief daaraan.
Om oor te gesels en te dink
Jesus se dinkprogram wat Paulus voorstel vra dat ons ook ons denke moet heilig. Ons kan nie met sondige gedagtes besig wees en dink dat God dit nie weet nie. Ons moet erns maak met versoekings. Jakobus 1:14-15 herinner ons dat jou eie begeertes jou verkeerde dinge laat dink en doen. Ons kan nie God daarvoor blameer nie. Ons moet ons gedagtes gevange neem en dit aan Christus gehoorsaam maak (2Kor 10:5-6). Ons moet keuses maak om te fokus op alles wat rein en op opreg is. So kan ons heilige lewens lei.
Gebed
Here, ek wil beter dink en leef soos U van my vra. Help my om heilig te lewe. Amen.