Donderdag 10 November 2022

1 Korintiërs 3:6-7
Ek (Paulus) het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei.

Om oor te gesels en dink
Ons is met tye groot voorstanders van spesifieke mense wat ons leer. Vir verskillende redes. En tog vergeet ons dat God eintlik die EEN is wat ons leer en laat groei. God gebruik menese, nes Paulus en Appolos, maar God is die een wat met elkeen van ons werk.

Ons Geloofsfamilie het 9 maniere wat ons help om dissipelskap te verstaan en uit te leef. Een daarvan is GROEI. Om onsself oop te stel vir geleenthede om te leer van God en om te groei in ons geloof. Waar kan jy, nie net vandag nie, maar langtermyn jouself oopstel om meer van God te leer? Ons moet bly groei in ons geloof, ongeag ons ouderdom, want ons geloofsreis is 'n lewneslange reis saam God - die Een wat ons leer.

Gebed
Here, ek het vroeër die week gebid en gedeel wat ek nog meer oor U wil leer. Wys my vandag waar ek langtermyn hierdié meer van U kan leer. Wys my spasies en ruimtes waar ek dalk verras mag wees. En Here, dit is nie maklik nie, help my om mysself hiervoor oop te stel. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika