Psam 37:4
“Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.”
Om oor te gesels en dink
Hierdie Psalm help ons om op die regte dinge van die lewe te fokus. Wanneer ons eerder op die Here vertrou en doen wat goed is (vers 4), sal ons ons vreugde in die Here vind. Een van Psalm 37:5 se die vertalings sê: “Verlustig jou in die Here.”
Wanneer ek wagtend op die Here is en tyd saam met Hom spandeer leer ek Sy hart ken en Hy leer my ken. Uit hierdie verhouding groei intimiteit. Vreugde is nie gelyk aan voorspoed nie. Dis nie dat alles heeltyd gaan soos ons dit wil hê nie, maar om alles wat met ons gebeur in God se hande te gee en van Hom afhanklik te bly.
*Het jy jou al verlustig in die Here?
*Wat wil jy vandag met Hom deel? Wat is jou hartsbegeerte?
Gebed
Here, ek wil my in U verlustig en my vreugde in U vind. Ek deel my hart met U. Help my om Op U te wag en te vertrou. Am