Matteus 28:16-17
“Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het.”
Om oor te gesels en te dink
Matteus se evangelie begin op ‘n berg met die Bergede (Mat. 5-7) en eindig ook op ‘n berg. Die dissipels het Jesus se opdrag uitgevoer en na Galilea gegaan, alhoewel hule Hom nie daar verwag het nie. Dis die eerste keer dat dat Matteus verwys na die elf en nie die twaalf dissipels nie. Judas is nie daar nie, maar Petrus is wel daar al het hy Jesus vroeër verloën.
Die dissipels herken Jesus, maar daar is ook twyfel en onsekerheid. Dit weerhou hulle nie om Jesus steeds te aanbid nie. Jesus veroordeel hulle ook nie oor hulle twyfel nie.
Ons kan weet dat Jesus leef en Hom aanbid vir wie Hy is, al voel ons ook soms die twyfel en onsekerheid. Dit is deel van ons geloofspad. Twyfel bring diepte omdat dit vrae vra en Jesus dit verstaan.
Gebed
Here, soms twyfel ek ook, maar ek wil U steeds aanbid. Help my om U vandag te aanbid vir wie U is. Amen.