Donderdag 16 September

Lukas 7:18-35
31 Verder het Jesus gesê: “Waarmee sal Ek die mense van hierdie geslag vergelyk? Soos wie is hulle? 32Hulle is net soos kinders wat op die markplein sit en vir mekaar roep: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het ’n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie!

Om oor te gesels en dink:
Jesus praat met die mense en vra hulle uit oor wat hulle verwagtinge van Johannes was en per implikasie wat hulle nou van Jesus verwag. Die onwaarskynlikste mense, soos tollenaars, het die boodskap aanvaar. Maar die mense van wie jy dit verwag het, het nie die boodskap aanvaar nie.
Ons mis soms God se boodskap omdat ons so gewoond daaraan is. Johannes en Jesus het opgetree, maar die mense het dit nie raakgesien nie. Of liewer, dalk wou hulle dit nie raak sien nie. Dit was soos die beeld van die speletjie wat Jesus vertel: hulle is genooi om saam te speel, maar het dit geïgnoreer. Dit blyk dat hulle uit ‘n plek van beterwetigheid nie die boodskap van Johannes of Jesus gesnap het nie. Dit vra van ons ’n keuse! Hoe reageer ek op Jesus se boodskap?

  • Wat se impak het Jesus se boodskap op jou lewe?
  • Wat verwag jy van Jesus?

Gebed
Here Jesus, ek mis U soms omdat ek dink ek weet beter of ek is so gewoond aan U. Help my dat ek U sal raaksien. U het gekom en genade gebring. Mag ek U genade vandag opnuut beleef. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika