Matteus 6:11
11 Gee ons vandag ons daaglikse brood.
Klaagliedere 3:21-23
Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut.
- Gister het ons geleer dat God wil dat ons in die oomblik bid/leef.
- As ons bid dat God vandag sal voorsien sê dit dat ons nie oor gister moet top of oor môre moet kommer.
- As ons nou kyk na die gedagte van ons Daaglikse brood sê dit iets van God se manier van sorg.
- Hy is in beheer van die heelal en hoef dus nie vir die onvoorsiene te beplan nie.
- Hy kan ons elke dag nuut bederf met nuwe genade.
- Sy genade is elke oggend nuut.
- Daagliks vars opreg en genoeg
- En ons kan met sekerheid weet dat Hy ons elke dag sal versorg.
- Soms voel Sy sorg dalk te min maar as ons terugkyk dan was dit telkens genoeg.
- Om God se daaglikse sorg te beleef is soos om met jou hand in jou Vader s’n te loop elke dag. Jy kan weet Hy beskerm en hou jou vas.
Om oor te dink:
- God se genade en sorg is altyd daar vir ons.
- Dit word nooit opgebruik nie en is elke môre weer nuut en in oorvloed.
- God sê ons moet bid vir hierdie daaglikse sorg.
- Om God so in ons lewe te beleef is ‘n voorreg!
Gebed
Gee asseblief vandag vir ons ons daaglikse brood
Dankie Heer vir die oorvloed van genade wat U vir my belowe.
Help my Heer om daagliks U genade te ervaar en steeds raak te sien.
Amen