1 Petrus 1 :3-4
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.
Om oor te gesels of te dink:
Ons het vroeƫr die week gereflekteer oor Hanna wat vir 'n kind gebid het en 'n kind ontvang het. Maria wat nie gebid het vir 'n kind nie en een ontvang het Beide geskenke uit die Here se hand. Ons het oor ons eie sekuriteit / mooi toekoms gedink en gewonder waaroor of waarvoor ons tans bid.
Ons het nie vir die kruisdood of opstanding gevra nie - en tog het ons hierdiƩ geskenk ontvang. Soos hierdie teks in 1 Petrus dit verwoord het ons 'n nuwe lewe as geskenk ontvang as gevolg van die opstanding van Christus.
Neem 'n oomblik van stilte.
Gebed:
Here, vandag dank ons U vir wie U is. Dankie dat U vir ons 'n Lewende Hoop is. Dat ons lewe vandag reeds ander betekenis het en ons nie hoef te wag vir eendag wat U opstanding 'n verskil maak nie. Ons verdien nie hierdie nuwe lewe as geskenk nie, maar ons ewig dankbaar.
Amen