Donderdag 19 Januarie 2023

Prediker 3:11
God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie.

Om oor te gesels en te dink
Wanneer die Prediker oor tyd praat en hoe daar verskillende tye en seisoene is, verklaar hy dat God aan ons ’n besef van die onbepaalde tyd gegee het. Dit kan ook vertaal word met: “Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid.” Ons leef met ’n ewigheidsperspektief en weet dat alles nie net hier eindig nie. Ons kan daarna uitsien om by God te wees. Dit maak ons ook rustig oor wat ons nou ervaar.
Ons kan en hoef nie alles wat God doen te kan begryp nie. Ons dink verkeerdelik dat as ons begryp, gaan dinge makliker wees, maar dit is nie so nie. Ons kan eerder die Here met vertrou.
Wanneer ons met ’n ewigheidsperspektief leef, is sekere dinge nie meer so belangrik nie. Ons weet dat dit aan die verby gaan is en kan ons eerder fokus op dit wat regtig belangrik is.

Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U ons laat deel in die ewigheid. Ek verstaan nie alles nie, maar ek vertrou U met my tyd. Mag ek vandag met hierdie hoop leef dat U tyd die beste tyd is. Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram