Donderdag 19 Oktober 2023

2 Petrus 1:20-21
Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.

Om oor te gesels en te dink
Hierdie skrywer motiveer dat die 'profetiese woord' soos 'n lamp is wat in 'n donker plek skyn. Ons kan dit ook verstaan as die Skrif, soos ons dit vandag tot ons beskikking het. En dat die tekste nie net self tot stand gekom het nie. Nee, die skrywer herinner die geloofsgemeenskap dat mense wat probeer getuig het oor God en hul verstaan van God, deur die Heilige Gees geïnspireer is. Die skrywer gaan nog verder en sê dat die uitleg daarvan ook deur die Heilige Gees gelei word.

Ons word uitgenooi om bewustelik om te gaan met die tekste in die Bybel. Bewus te wees van hoe God met mense gewerk het en ook vandag met ons kan werk.

Gebed
Here, ons beleef iets van U deur die Skrif. Die Skrif is soos 'n lamp wat gedeeltelik lig bring in 'n donker wêreld. Ons bely dat Jesus die Lig is en self ook geroep word om vanuit ons bewuswording van die LIg te leef. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika