Donderdag 2 Maart 2023

Psalm 32
1’n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie. 3Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het. 4U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela 5Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: “Voor die Here bely ek my opstandigheid;” en U het my skuld vergewe. Sela 6Dit is waarom elke gelowige in ‘n tyd van nood tot U bid; selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie. 7U is vir my ‘n skuilplek, U beskerm my teen aanvalle, U laat my oorwinningsliedere sing. Sela 8Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. 9Moenie onverstandig wees nie, soos ‘n perd of ‘n muil wat met ‘n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei. 10Die goddelose het baie smarte, maar wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde. 11Verbly julle in die Here en juig, regverdiges, jubel, alle opregtes.

rou VRAE:

  • Die psalm skrywer beskryf die innerlike wroeging wat hy beleef het, toe hy sy sondigheid en menslikheid weggesteek het vir die Here. Dit het hom opgevreet. In sommige omstandighede kan dit ons selfs van God af wegstoot omdat ons nie waardig voel om voor die Here te verskyn nie. Maar toe hy eerlik en rou voor die Here staan en erken wat in sy gedagtes aangaan, het sy las ligter geword. Hy kon homself wes, sonder om voor te gee.
  • Wanneer ons, ons menslikheid probeer wegsteek van God, maak ons meer foute en bring ons afstand tussen ons en God. Hoe is jy besig om jou tekortkominge te probeer wegsteek? Wat moet jy bely en vir die Here eerlik erken? Deel jou hart vrylik met die Here.
  • Wanneer ons met God eerlik is, word Hy ons veilige plek en kan ons by Hom nuwe krag kry. Hoe laat jy toe dat God jou ten volle ken? Hoe voel dit as jy niks hoef weg te steek nie? Deel met die Here jou hart.

rou OEFENING:

  • Teken ‘n self portret. Dit hoef nie kunstig te wees nie.
  • Skryf die dinge neer wat jou, jy maak. Neem tyd om die menslike eienskappe en imperfeksies ook te sien. Soms kan hulle ook gawes wees.

rou GEBED:
Here, geseënd is ons wanneer ons deur U ten volle geken word en ten volle gelief is. Dit is ‘n God-grootte projek wat net U kan doen. Here, geseënd is ons wanneer ons menslike-grootte lewens kan leef, in die gemeenskap met ander weerlose en gebroke mense, net soos ek. Dankie dat U ons almal heelmaak in U liefde en genade.
Amen

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram