Donderdag 2 November 2023

Lukas 6:27-31
““Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan. En vir iemand wat jou boklere vat, moet jy ook jou onderklere nie weier nie. Aan elkeen wat iets vra, moet jy gee; en as iemand jou goed vat, moet jy dit nie terugeis nie. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.

Om oor te gesels en te dink
Lukas haal ook die woorde van Jesus aan. Hy brei dit uit en maak dit prakties. Om jou vyande lief te hê, moet ons goed doen aan hulle, hulle seën en vir hulle bid. Verder vra dit om nie altyd jouself te laat geld nie, maar ook die ander wang te dra. Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.
Dit is verseker nie maklike woorde nie, maar Jesus moedig ons aan om dit te probeer doen.
As daar mense is, wat vir jou soos ’n vyand voel, doen goed aan hulle, seën hulle en bid vir hulle.
Laat ons Jesus se genade vir ons vyande wys, omdat Jesus vir elkeen van ons Sy genade en liefde gee.

Gebed
Here, dankie vir U genade vir my. Help my om mense lief te hê, vir hulle goed te wees, hulle te seën en vir hulle te bid. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika