Donderdag 20 April 2023

Handelinge 2:24
“Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou."

Om oor te gesels en te dink
Hierdie gedeelte van Petrus se toespraak is 'n belangrike gedeelte van ons belydenis: Jesus het aan die kruis gesterf. En die dood kon Hom nie oorwin nie. Ons word ook geroep om op te staan en nie gevange gehou te word nie. Ons word geroep om op te staan en te lewe. Lewe, want Jesus het opgestaan. Lewe, want ons lewens moet hiervan getuig. Lewe, want die dood kan ons ook nie gevange hou nie - Jesus het opgestaan.

Gebed
Here, dankie dat U opstanding ook beteken dat ek moet opstaan. Dat ek moet lewe. Ek sing vandag dat
Deur U bloed
Is ek silwerskoon gewas
Ek is vry
Deur U Gees wat in my bly
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika