Donderdag 20 Januarie

Jeremia 32:38-41
“38Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees. 39Ek sal hulle 'n onverdeelde hart en 'n vaste koers gee: hulle sal My altyd dien vir hulle eie beswil en vir dié van hulle kinders na hulle. 40Ek sal 'n blywende verbond met hulle sluit. Ek sal nooit ophou om aan hulle goed te doen nie en Ek sal in hulle die begeerte lê om My te dien en nie van My af weg te draai nie. 41Ek sal dit geniet om goed te doen aan hulle in my trou; met alles wat Ek is, sal Ek hulle weer in dié land vestig.”

Om oor te gesels en dink:
In Jeremia 30-33 lees ons hoe die Here sy volk troos met beloftes. God neem die inisiatief om hulle en ons God te wees. Lees weer hierdie verse en sien die “Ek sal…” raak. Hy gee vir ons ‘n onverdeelde hart en vaste koers. Hy sal ons help om Hom te dien, maar nie net vir onssself nie, ook vir ons kinders. Ons manier van leef het ‘n impak op ons kinders en almal om ons.
Die Here belowe om aan te hou om aan ons goed te doen. Om ’n ontvanger van hierdie seëninge te wees hoef jy dit nie te verdien nie, maar kan jy dit slegs in geloof aanvaar.

  • Glo jy dat hierdie woorde ook vandag vir jou waar is?
  • Waarvoor kan jy vandag vir die Here dankie sê?

Gebed
Here, dankie dat U my God is en dat ek aan U behoort. Ek wil U bly dien met ’n onverdeelde hart. Dankie dat U my op die regte pad lei en dat U vir my goed is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika