Romeine 12:4-5
“Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar.”
Om oor te gesels en dink
Ons het mekaar nodig. Paulus gebruik die beeld van ‘n menslike liggaam om te wys dat ons mekaar nodig het en mekaar moet dien.
Ons vergeet dit soms en wil soos klein kinders uitskree: “Ek sal self…!” Wanneer ons so optree, mis ons die punt om mekaar te help en te versorg.
Jy is deel van die liggaam van Christus en daarom is jy belangrik. Jou unieke menswees maak ‘n verskil. Net so is daar ander mense wat jou bystaan met hulle unieke gawes en menswees.
Anders as die wêreld, moet ons onsself oop stel om interafhanklik van mekaar te leef. Ons kan nie onafhanklik funksioneer nie.
Besef dat jy ‘n verskil maak daar waar jy is.
Gebed
Here, ek het ander nodig en besef dat ons mekaar moet dien. Help my om ‘n verskil maak aan die mense om my. Ek wil U daardeur dien. Amen.