Donderdag 21 April

Johannes 21:7-11

Johannes 21 Jesus help Sy volgelinge om baie vis te vang.
“Jong, dit is die Here daardie.” Toe Petrus dit hoor, pluk hy gou al sy klere aan. Omdat hulle op die skuit gewerk het, het hy net die nodigste aangehad. Toe spring hy in die meer. Die ander het in die skuit gebly en wal toe gevaar met die vrag vis. Gelukkig was hulle nie so ver van die wal af nie, omtrent 100 tree. Toe hulle daar land, sien hulle dat daar alreeds ’n vuurtjie brand met vis wat daarop braai. En daar was ook brood. Jesus sê toe vir hulle: “Bring nog ’n bietjie van daardie vis wat julle gevang het.” Simon Petrus spring toe gou in en sleep die vrag vis op die land uit. Daar was 153 groot visse in die net. Al was daar so baie vis, het die net verbasend genoeg nie geskeur nie.

God roep ons op tot diens?

Hierdie verhaal speel af na die kruisiging en opstanding van Jesus. Voor die kruisiging was Jesus die een wat as dienskneg opgetree het en mense gehelp het. Hy’t siekes gesond gemaak, skares kos gegee, blindes laat sien, dooies uit dood opgewek. Maar nou begin ‘n nuwe tyd in die geskiedenis. Jesus gaan nie meer lank hier wees om almal te dien nie. En hier begin Hy dit aan Sy dissipels wys. Hy maak ‘n vuur en bak brood en vis vir ontbyt. Maar Hy vra ook dat dissipels ‘n deel moet bydra. Hul moet besef dat om te dien ook nou hul opdrag word. Skielik is die verhouding anders. Jesus wys en die dissipels moet leer om in Sy voetspore te volg. Elkeen van ons leef in hierdie tyd waar Jesus ons ook oproep om Sy dienswerk te doen. Hy is nie meer hier op aarde en nou is ons Sy hande en voete.

Om oor te dink:

  • Besef jy dat Jesus vir jou aan die kruis gesterf het?
  • Die grootste wonder wat Hy ooit gedoen het is om vir ons die ewige lewe te verwerf.
  • Maar nou is ek en jy hier om God se dienswerk voort te sit.
  • Ons moet nou vir die wêreld wys wat Jesus ons geleer het nl. Om te dien!

Gebed
Dankie Heer dat U vir my aan die kruis gesterf het.
Help my om diensbaar te wees en U koninkryk te laat kom.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika