Romeine 8:38-39
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
Om oor te gesels en dink:
Watter bedreigings beleef jy tans in jou lewe (of het jy dalk hierdie jaar beleef)?
Neem 'n oomblik van stilte
Liefde soos wat baie van ons dit ken, is uiters voorwaardelik en word maklik eenkant gegooi. Weereens word ons herinner dat dit nie is hoe God se liefde vir ons werk nie. Nee, God se liefde hou ons so styf vas dat niks ons van God se liefde kan skei nie. God bly gerig op die mens, ten spyte van ons geneigdheid om so gereeld droog te maak. God bly egter groter as dit wat ons aanvang en God bly groter as ons grootste bedreigings.
Gebed
Here, so graag soos wat ons dit wil verstaan, moet ons soms net bely dat ons nie u liefde vir ons begryp nie. Maar ons is innig dankbaar vir u sagte oë en sterk hand wat ons vashou ten alle tye. Help ons asb om dit te onthou selfs al beleef ons bedreigings.
Amen.