Donderdag 23 Maart 2023

Matteus 6:5-15
““Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. “So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree; en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose. “As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.””
‭‭
rou VRAE:

  • Watter woorde sou jou gebedslewe die beste beskryf?
  • Is die woorde krities of inspirerend? Is die woorde rigied of groeiend?
  • Hoe sou jy jou gebedslewe graag wou beskryf? Hoe sal jy daar kom?

rou OEFENING:

  • Dink aan die verskillende seisoene. Watter seisoen stel jou gebedslewe die beste voor? Herfs, Winter, Somer, Lente?
  • Watter seisoen sou jy wou beleef in jou gebedslewe? Waarvoor vra jy dan vir die Here?

rou GEBED:
Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word. Laat U koninkryk kom; laat U wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse brood. Vergeef ons ons oortredings soos ons die vergewe wat teen ons oortree. Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.
Amen

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika