Donderdag 24 Maart 2022

Stilstaan oomblikke - Op pad na die kruis

Teksvers:
"Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig." (Efesiërs 5:8)

Identifiseer:
Ons is mense van die lig. Dit is nie iets wat ons nog moet word nie, maar ongelukkig vergeet ons soms wie ons eintlik is. Kan jy dalk aan ‘n keer dink wat God jou gebruik het om lig vir ander te wees?

Oriënteer:
As ons reeds mense van die lig is, vra dit eintlik van ons om meer en meer vanuit hierdie identiteit te leef. Wat kan jy vandag doen om te onthou wie jy is en vanuit daardie identiteit te leef?

Bely:
Sê vandag hardop die volgende:
“Ek is lig, want Christus is die Lig.”
 
Bid:
Heilige Gees, help my asb. om vanuit my identiteit te leef en lig te wees.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika