ONS BEDE VIR DIE WEEK: HEER LAAT U KONINKRYK KOM!
Skriflesing: 1 Johannes 3:14-18
Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood. 15 Elkeen wat sy broer haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe in hom het nie. 16 Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. 17 Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie, hoe kan die liefde van God in hom wees? 18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.
Om oor na te dink
- Liefde is Christus se standaard en bouplan vir sy koninkryk.
- Hy het Sy Lewe vir ons neergelê.
- God se koninkryk kom waar ons gehoorsaam en opofferend lewe, deur ander na Christus te bring, en hulle te dien in nederigheid.
- As ons dit doen vir die geringstes onder ons, dan doen ons dit ook vir God.
- Dit is tyd om ons selfsugtige lewens neer te lê en liefdevol te belê in mense rondom ons.
- Wat is jou bydra tot hulp aan ander?
- Is jy bewus van die projekte wat die gemeente in die gemeenskap bedryf? Lewer jy hier n bydrae?
- Sien jy die swaarkry van ongelowiges in ons land raak? En maak jy n verskil daaraan?
Om voor te bid
- Dank God vir al die voorregte wat jy het.
- Bid dat God jou sal wys waar en hoe jy mense kan help in liefde.
- Bid dat God ons sal lei dat ons as gelowiges deur ons gemeente ‘n verskil in mense se lewens sal maak.
- Bid dat God jou in die wêreld sal gebruik om deur liefde Sy koninkryk te laat kom.