Donderdag 26 Augustus

1 Petrus 4:9 (Die Boodskap)

9 As iemand by jou opdaag en jou hulp nodig het, help hom met ’n glimlag sonder om onderlangs te kla of te brom.

Gasvryheid is ’n belangrike saak in die storie van die Bybel. Dit is een van die maniere waarop ons vir mekaar as medegelowiges, en die wêreld, lief is. Gasvryheid gaan nie daaroor om ander mense te beïndruk nie, dit gaan daaroor om die ander te dien.

Om gasvry te wees is een van die karaktereienskappe van God.
Ons loop ’n gasvrye God raak in die Tuin (Gen 1:26-2:25), hierdie selfde God bedien die Israeliete met manna (Eks 16). Hierdie God gee ook ’n land aan Sy mense wat oorloop van melk en heuning (Eksodus 3:8; Joshua 5:6). Die God van die Ou Testament verwelkom, voed, beskerm en versorg Sy mense, en gee hulle dan die opdrag om dieselfde te doen.

Jesus is ’n toonbeeld van hierdie gasvryheid op verskeie maniere.
Hy eet saam met sondaars (Mark 2:13-17; Luk 15:1-2), hy ontvang kinders (Mark 9:37), hy leer ons om onbelangrikes te nooi na ons eie feeste en tafels (Luk 14:12-14) en natuurlik om die vreemdeling te verwelkom (Matt. 25:35).
Hy maak ontbyt vir Sy volgelinge (Joh 21), Hy eet saam met die Emmausgangers (Luk 24:13-34), Hy sê in Joh 14:3 hy gaan om vir ons ’n plek gereed te maak, Hy stel die nagmaal in (Luk 22:14-20), en Hy wag om saam met ons fees te vier (Open 19:7).

Om oor te dink
Ken jy vir God as ’n gasvrye verwelkomende God?
Waarom is dit belangrik vir die kerk om gasvry te wees?

“Biblical hospitality goes far deeper than merely entertaining your friends and family at your home. In the Bible, hospitality is proactively seeking to welcome the marginalized. Hospitality is providing a warm home for the lonely.” Tim Keller

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika