Donderdag 26 Mei 2022

Efesiërs 5:8
“Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.”‭‭

Om oor te gesels of dink
Ons staan hierdie week stil van lig. Ons kan baie maklik op die donker om ons fokus en oorweldig voel oor die duisternis. Tog is belangrik dat ons sal besef waar ons lig vandaan kom. Jesus is die lig en dit begin by Hom. ’n Lig kan net werk as hy in die kragbron ingeprop is. So kan ons net krag kry om lig te wees, wanneer ons in Jesus ingeprop is. Ons kan as Jesus se volgelinge lig in ’n duister wêreld wees.
Paulus herinner die gemeente dat die Here ons lig is. Die implikasie hiervan is dat ons as mense van die lig sal leef!

  • Fokus jy soms eerder op die duisternis as die lig?
  • Waar kan jy vandag jou lig laat skyn?

Gebed
Here, dankie dat U ons lig is. Soms voel ek oorweldig, maar dankie dat U die duisternis oorwin het. Mag my lig vandag skyn vir iemand wat dit nodig het. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika