Lukas 24:25-27
“Toe sê Hy vir hulle: “Wat 'n gebrek aan begrip en wat 'n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?” Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê.”
Om oor te gesels en te dink
Nadat Jesus geluister het wat Kleopas-hulle vir Hom vertel het, het Hy begin om vir hulle die Skrif uitgelê en vir hulle gewys dat Hy die Christus is. Hulle het egter Hom nog nie herken nie. Hulle het nie besef dat die Bybelse profesië op Hom betrekking gehad het nie. Jesus het waarskynlik uit Jesaja 53, Jeremia 31 en Psalm 22 aangehaal om vir hulle te wys dat Hy die Christus is.
Ons moet ook terug gaan na die Woord toe om te verstaan wat die Here vir ons sê. Ons moet tyd in Sy Woord spandeer om te weet dat Hy saam met ons stap. Ons kan ook vir die Here vra om ons te help as ons dinge nie verstaan nie.
Gebed
Here, soms sukkel ek om U te sien en verstaan ek ook nie. Help my om U in die Woord te ontdek en raak te sien. Amen.