Donderdag 30 Junie 2022

Romeine‬ ‭8:22‬-25
“Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat ‘n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.”

Om oor te gesels of dink:
Om te sug is ’n universele taal. Nie alleen sug die skepping nie, maar ons sug ook. Ons mag en moet sug. Ons kan dink dit waaroor ons sug nie belangrik genoeg is nie, maar dan moet ons juis sug. Terwyl ons sug kan ons uitsien dat God ons van hierdie verganklikheid sal bevry. Dit gee ons hoop. Ons moet volhard in hierdie hoop. Al kan ons nie nou sien nie, volhard ons steeds in hierdie hoop.
Ons kan sug en kla, solank ons dit by die Here doen. Hy verstaan ons sugte en dit waaroor ons bekommerd is. Moenie die geleentheid mis om jou sugte met God te deel omdat jy voel dat jy dit nie mag doen nie.

  • Waaroor sug jy tans?

Gebed
Abba, Vader, ek kom sug voor U vandag. U ken my sugte beter as ekself, maar ek kom gee dit weer vir U. Help my om vas te hou aan hierdie hoop met volharding. Amen.

Nog om na te kyk

linkedin facebook pinterest youtube rss twitter instagram facebook-blank rss-blank linkedin-blank pinterest youtube twitter instagram