Donderdag 31 Maart 2022

Stilstaan Oomblikke – Op pad na die Kruis

Teksvers:
27En nadat Judas die stukkie brood gevat het, het die Satan in hom ingevaar. (Joh 13:27)

Identifiseer:
-Toe Judas gaan om vir Jesus te verraai het nie een van die dissipels dit verwag nie. Hulle het vir Judas so vertrou, dat hulle gedink het hy was besig om vir die armes te sorg of op opdrag van Jesus te gaan. Die dissipels kon nie sin maak van Judas se verraad nie.
-Waarom dink jy het Judas Jesus verraai?

Oriënteer:
-Soms doen mense in ons lewe dinge wat ons nie verstaan nie. Soms met die beste intensies, ander kere met wraak in gedagte. Ons verstaan nie altyd waarom nie.
-Sal dit jou help om te verstaan waarom mense doen wat hulle doen?
-Sal dit die situasie verander as jy beter verstaan?

Bely:
-Mens besef dat jy soms in ‘n situasie moet optree tot die beste van die groter prentjie. En dat jou optrede een of twee mense kan seermaak. Selfs met die beste intensies kan jou verduidelikings nie vir die persone wat te nagekom is, vrede bring nie.
-Hoe kan jy met jouself vrede maak wanneer dit gebeur?

Bid:
Here, soms is ek die Judas in ander se storie. Dit is vir my swaar. Ek wil verduidelik. Maar geen verduideliking is genoeg. Help my. En ander hiermee.
Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika