Donderdag 5 Oktober 2023

Psalm 23:5-6
U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Om oor te gesels en te dink
God se goedheid is nie net vir eendag nie, maar vir elke dag. Psalm 23 is ‘n psalm vir die lewe. Die Here sorg elke dag vir ons soos ‘n herder. Selfs as dit swaar gaan, is ons nie alleen nie. Hy stap saam met ons. Die Here is ook ons Gasheer. Hy laat ons in Sy goedheid deel. Ons kom tuis in Sy teenwoordigheid. Dit laat ons in verwondering. Ons kan God se goedheid oral om ons raak sien. In ons huise en verhoudings kan ons God se goedheid en liefde ervaar en ook biddend vra dat ons dit sal ervaar. Ons kan met dankbaarheid God se goedheid ervaar en dit ook met ander mense rondom ons deel. Dit is nie iets wat ons net vir onsself moet hou nie.
Ons kan ook uitsien om tuis te saam met die Here tot in lengte van dae.

  • Met wie kan jy vandag God se goedheid deel?
  • Waarvoor is jy vandag dankbaar?

Gebed
Here, baie dankie vir U goedheid en guns. Ek verdien dit nie. Mag ek vandag U goedheid met iemand deel. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika