Psalm 139:7-12
Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug?
Waarheen sou ek vlug om aan u teenwoordigheid te ontkom?
Klim ek op na die hemel, is U daar,
gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar.
Vlieg ek na die ooste,
of gaan woon ek in die verre weste,
ook daar lei u hand my,
hou u regterhand my vas.
Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek,
of die lig rondom my om in nag te verander,
maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie
en die nag so lig soos die dag,
duisternis so goed soos lig.
Om oor te gesels of dink:
Waarom dink jy wou die Psalmskrywer vir God wegkruip? Dink jy hy het dalk iets gedoen of gedink om oor skuldig te voel? Dit is moontlik dat Dawid hierde Psalm geskryf het en vanweë ons kennis van Dawid se lewe kan ons moontlik verstaan dat hy as gevolg van sy owerspel met Batseba skuldig gevoel het. Moontlik wou hy van God wegkruip. Voel jy soms of jy van God wil wegruip? Waarom sou jy wou gekruip? Hierdie Psalm herinner ons dat ons egter nie van God kan wegkruip nie en in teendeel nie hoef weg te kruip nie. Ons is nie ons oortredinge nie en ons identiteit word nie dit wat ons gedink of gedoen het nie. Miskien kan jy juis vandag ‘n oomblik neem om rou en eerlik dit wat jy sou wou wegsteek met God te deel en opnuut bevestiging te kry dat God vol genade is.
Gebed
Here, hoor vandag my hart. Ek het dinge gedoen en gedink wat ek nie moes nie. U weet, ek kan dit nie wegsteek nie. Vergewe my, Here. Help my om te onthou ek is nie wat ek gedink of doen het nie. En die feit dat ek nie kan wegkruip nie is nie sleg nie. Amen.