Donderdag 8 Junie 2023

Hebreërs 9:24-25, 28
Christus het nie ingegaan in 'n heiligdom wat deur mense gemaak is en net 'n namaaksel van die ware is nie. Nee, Hy het in die hemel self ingegaan om nou ter wille van ons voor God te verskyn. Hy het nie ingegaan om Homself herhaaldelik te offer nie, soos die hoëpriester elke jaar die Allerheiligste binnegaan met bloed wat nie sy eie is nie. So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

Om oor te gesels en te dink
Die Hebreërs skrywer verduidelik in hoofstuk 9 in detail wat dit beteken dat Jesus Christus se offer vir ons elkeen genoeg was. Ons het nie meer ’n aardse tabernakel waar ons offers moet bring nie. Christus het in die hemel ingegaan en ter wille van ons voor God verskyn. Hy het Homself geoffer vir elkeen van ons. Hy was die ware Hoëpriester wat dit moontlik gemaak het. Ons kan nou uitsien wanneer Hy weer kom. Ons sien uit na die verlossing wat net Hy bring.

Gebed
Jesus Christus, U wat U self geoffer het, ter wille van my! Dankie! Dankie dat ek nou in vrede kan leef en kan uitsien na U verlossing. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika