Donderdag21 September 2023

Lukas 15:20-24
“Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ’n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan!En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier!Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

Om oor te gesels en te dink
Ons sien hoe die pa wag en kyk of sy seun nie dalk terugkom nie. Hy het besef dat sy seun sy eie wil gevolg het en keuses gemaak het. Maar hy was gereed vir die dag wat hy sou terugkom.
God se liefde vir ons verander nooit nie. Die Vader wag voortdurend vir ons. Hy soek na ons en gereed om ons te ontvang. Hy dwing ons nie om vir Hom te kies nie. Hy wag geduldig.
Die pa se soen van die seun wys dat hy hom ten volle vergewe en dat hy welkom is. So vergewe die Vader ons elkeen. Hy kan nie wag om saam met ons fees te vier nie.

Gebed
Vader, dankie dat U altyd soek en wag. Dankie dat U genade so groot en onbeskryflik is. Dankie dat ek altyd welkom by U is. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika