Markus 16:6-7
“Moenie skrik nie!” sê hy vir hulle. “Julle soek Jesus van Nasaret, wat gekruisig is. Hy is uit die dood opgewek. Hy is nie hier nie. Kyk, daar is die plek waar hulle Hom neergelê het. Maar gaan sê vir sy dissipels en in die besonder vir Petrus: Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”
Om oor te gesels en te dink
Drie vroue in die Markusevangelie gaan na die graf om Jesus se liggaam met reukolie te balsem: Maria Magdalena, Maria die ma van Jakobus, en Salome. Hulle is aanvanklik onseker oor hoe hulle in die graf gaan inkom met die groot klip. En dan ontdek hulle dit is reeds oop! En Jesus is nie daar nie. Die man in wit sê dat Jesus hulle vooruit is na Galilea. Dit is nogal mooi dat Petrus in besonder by die naam genoem word. Petrus wat Jesus verloën het moet weet: Jesus lewe. En Hy wil hom wat Petrus is sien.
Selfs wanneer ons iets verkeerd doen of nie lewe soos ons geroep of gestuur is nie, nes Petrus, God roep ons ook om weer en weer die opstanding van Jesus te ontdek en (be)leef.
Gebed
Here, ek wil weer U opstandig ontdek en (be)leef. Heilige Gees leer my om meer gereeld van U opstanding bewus te word en deur U opstanding verander te word. Amen.