Jesaja 60:1-3
Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring. Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies, maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid. Nasies kom na jou lig toe en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.
Om oor te gesels of dink:
Jesaja moedig die volk aan om hulle lig te laat skyn, noudat hulle uit ballingskap terug in Jerusalem is. God is by hulle met sy teenwoordigheid. Hy het die lig gebring. Hierdie lig simboliseer verlossing, lewe en vreugde. Omdat God by sy volk teenwoordig is, trek dit nasies aan om te sien wat God gedoen het.
Ons kan vandag ook hierdie bid dat ons God se lig so sal laat skyn dat ander mense God se teenwoordigheid in ons lewe kan sien. Waar ons beweeg sien mense ons lig raak. Mag die lig wat ons bring mense iets van God se teenwoordigheid beleef.
Gebed
Here, dankie dat U by ons teenwoordig is. Dankie dat U lig oor ons skyn. Mag ek vandag U lig vir die mense rondom my wys. Amen.