Maandag 11 September 2023

Lukas 9:51-53
Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin en boodskappers voor Hom uit gestuur. Hulle het vertrek en in ’n dorp van die Samaritane gekom om daar vir Hom verblyf te reël. Maar die inwoners wou Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem toe op pad was.

Om oor te gesels en te dink
Ons is nie goed met genade nie. Ons dink net aan onsself en gun nie altyd vir ander mense iets nie. Ons leef eerder in onmin, as in vrede. Daar was baie onmin tussen die Jode en Samaritane wat al vanaf die Ou Testament kom. Hulle kon mekaar nie verdra nie. Tog steur Jesus Hom nie daaraan nie. As deel van Sy reis na Jerusalem besluit Hy om deur die gebied van Samaria te gaan. Al wou die Samaritane Jesus nie ontvang nie, maak Jesus steeds bemoeienis met die mense. Jesus leef nie in haat nie, maar wys die liefdesweg. Ons kan vandag by Jesus leer. Ons moet vrede maak, selfs as daar onmin is. Dit is nie ’n maklike pad nie, maar as ons as volgelinge van Jesus soos Hy wil leef, vra dit van ons om die moeilike dinge te doen. Ons kan maklik dink dat dit nie nodig is nie, maar juis wanneer ons liefde leef, help ons God se koninkryk kom waar ons leef.

Gebed
Here, ek is soms in moeilike situasies. Help my eerder die liefdespad te stap. Mag ek vandag U liefde uitleef. Amen.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika