Maandag 12 November 2023

Handelinge 9:1-9; 17-19

3 Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik 'n lig uit die hemel op hom gestraal.

Hierdie was Paulus se oomblik, die dag toe hy vir Jesus ontmoet het! Hierdie ontmoeting het alles vir hom verander: Paulus het homself hierna bekeer, laat doop, en die goeie nuus aan almal vir wie dit vir hom moontlik was verkondig.

Het jy al so ontmoeting met Jesus gehad?

Wanneer ons ’n ontmoeting met God het, verander dit ons, net soos dit vir Paulus verander het. Sy storie help ons om te verstaan en te sien hoe hierdie verandering plaasvind. Trouens, hy sê in 1 Timoteus 1:15-16 dat sy storie vir ons ’n voorbeeld moet wees. Ons gaan deur die loop van die week saam sy storie en voorbeeld bestudeer.

Om die week se reis te begin, dink vandag na oor die volgende vrae:

  1. Ken jy vir God?
  2. Hoe groei jy in jou intimiteit met God?
  3. Wanneer ontmoet jy Hom?
  4. Wat staan vir jou uit van Paulus se verhaal?

God is most glorified when you are most satisfied in Him. Faith is born and sustained by the Word of God, and out of faith grows the flower of joy. But to enjoy Him we must know Him. John Piper


Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika