Maandag 12 Oktober

Jesus is nie “weg” wanneer ons opdraend loop nie!

Skrifgedeelte: Johannes 12:26-28 (DB)

““Iemand wat My wil dien, moet dus bereid wees om my voorbeeld te volg. Hy moet in enige situasie presies doen wat Ek sou doen; ja, in hierdie lewe moet hy aan die werk wees op plekke waar Ek graag sou wou werk. God self sal iemand wat dít doen, prys. “Op die oomblik is my gemoed beswaard. Ek weet nie mooi wat om te bid nie. Sal Ek bid: ‘Vader, maak ’n ander plan sodat Ek nie hoef te sterf nie’? Dit kan Ek tog nie bid nie! Ek het dan juis gekom om te sterf en op te staan. Ek kan nou net een gebed bid: ‘Vader, doen wat nodig is sodat mense kan sien hoe groot en belangrik U is!”

Om oor te dink:
Moeilike een. Kan jy, te midde van ‘n bitter swaar tyd in jou lewe, geduldig en toegewyd kies om deur die swaar tyd te stap en te verduur wat dit bring, sodat God verheerlik kan word? Is dit dalk iets wat ek en jy kan hierdie week kan verken? Inderdaad!

Gebed:
Meer van U Here, minder van my. Ek vertrou U met die uitkoms, so ek leef met oorgawe in die oomblik.

Nog om na te kyk

PBO REGISTRASIE

930005265
Suid Afrika