Sefanja 3:17
Die Here jou God is by jou,
Hy, die krygsman wat red.
Hy is vol vreugde oor jou,
Hy is stil-tevrede in sy liefde.
Hy jubel en juig oor jou:
Om oor te gesels en dink:
Tydens gister se huisgeloof het ons gesels oor of God van jou hou. Het jy al ooit daaraan gedink dat God nie net 'okay' is met jou nie, maar eintlik van jou hou? Hierdie teks in Sefanja herinner ons dat God ook 'n God van vreugde is. En dat ons Here vol vreugde oor ons is.
Neem 'n oomblik van stilte
Gebed
Here, help my om ook stil-tevrede te wees oor myself. Ek besef dat U oor my jubel en juig en dat ek vir U kosbaar is, nie oor my dade nie - maar oor wie ek is - U kind.
Amen