Kolossense 4:2
“Volhard in die gebed!”
Om oor te gesels en te dink
Ons skarrel en dink dat daar nie genoeg tyd is nie, tog is die laaste ding wat ons aan dink, is om te bid. Paulus moedig die gemeente in Kolosse aan om te volhard in die gebed. Hy skryf vanuit moeilike omstandighede waar hy in die tronk sit, tog moedig hy hulle aan om te bid.
Gebed is nie iets wat ons moet doen nie, dis wat ons wil doen uit ons verhouding met Jesus.
Soos met ’n gewone verhouding wat jy graag tyd saam met die ander persoon wil spandeer, so moet ons tyd saam met die Here spandeer.
As dit jou help, stel jou horlosie of wekker om op ’n spesifieke tyd van die dag (wat net jy weet) af te gaan en bid dan spontaan. Dra wat verby is aan die Here op en gee dit wat voorlê vir Hom. So word dit ’n geloofsgewoonte om te volhard in gebed.
Gebed
Here, dankie dat ek enige tyd kan bid. Help my om te volhard in gebed. Ek wil tyd saam met U spandeer en U orals in my lewe raaksien. Amen.