Lukas 7:18-35
18 Die volgelinge van Johannes het hom van al hierdie dinge vertel. Hy laat toe twee van sy volgelinge roep 19 en stuur hulle na die Here toe om te vra: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag?” (Lukas 7:18-19)
Om oor te gesels en dink:
Ons kan nogal met Johannes identifiseer. Hy wonder oor wie Jesus is en hoekom Hy doen wat Hy doen. Daarom stuur Johannes van sy volgelinge om vir Jesus te gaan vra of Hy regtig is wie Hy is. Hulle vra Jesus of hulle iemand anders moet verwag. Jesus antwoord deur te vra dat Johannes se dissipels sal vertel van al die wonders wat hulle Jesus sien doen het.
Ons verwagtinge van Jesus bepaal hoe ons leef. Dit is nie altyd die regte verwagtinge nie.
Bring jou verwagtinge vandag na Jesus toe. Hy werk op ander maniere as wat ons dink, maar Hy verwerp ons nooit nie. Jesus begelei Johannes se dissipels om te ontdek wie Hy werklik is. Net so kan ontdek wie Jesus regtig is.
Gebed
Jesus, soms wonder ek ook soos Johannes oor wie U is. My verwagtinge is nie altyd reg nie. Mag ek ontdek wie U werklik is. Kom leer en lei my. Amen